Afrikaans Bible

JOB 32

JOB

Return to Index

Chapter 33

1


 

  Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.  

 

 

-

2


 

  Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.  

 

 

-

3


 

  My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.  

 

 

-

4


 

  Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.  

 

 

-

5


 

  As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!  

 

 

-

6


 

  Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.  

 

 

-

7


 

  Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.  

 

 

-

8


 

  Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:  

 

 

-

9


 

  Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.  

 

 

-

10


 

  Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.  

 

 

-

11


 

  Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.  

 

 

-

12


 

  Kyk, daarin het u nie reg nie antwoord ek u, want groter is God as 'n mens.  

 

 

-

13


 

  Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?  

 

 

-

14


 

  Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.  

 

 

-

15


 

  In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,  

 

 

-

16


 

  dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;  

 

 

-

17


 

  om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;  

 

 

-

18


 

  sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.  

 

 

-

19


 

  Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,  

 

 

-

20


 

  sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.  

 

 

-

21


 

  Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.  

 

 

-

22


 

  Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.  

 

 

-

23


 

  Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;  

 

 

-

24


 

  en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind --  

 

 

-

25


 

  dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.  

 

 

-

26


 

  Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.  

 

 

-

27


 

  Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.  

 

 

-

28


 

  Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.  

 

 

-

29


 

  Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens  

 

 

-

30


 

  om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.  

 

 

-

31


 

  Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ‚k sal spreek.  

 

 

-

32


 

  As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.  

 

 

-

33


 

  So nie, luister u dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.  

 

 

-

JOB 34

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: