Afrikaans Bible

JOB 31

JOB

Return to Index

Chapter 32

1


 

  Toe het die drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.  

 

 

-

2


 

  En die toorn van El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.  

 

 

-

3


 

  Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.  

 

 

-

4


 

  Maar El¡hu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.  

 

 

-

5


 

  Maar toe El¡hu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.  

 

 

-

6


 

  En El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.  

 

 

-

7


 

  Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.  

 

 

-

8


 

  Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.  

 

 

-

9


 

  Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.  

 

 

-

10


 

  Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.  

 

 

-

11


 

  Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.  

 

 

-

12


 

  En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.  

 

 

-

13


 

  Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.  

 

 

-

14


 

  Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.  

 

 

-

15


 

  Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.  

 

 

-

16


 

  Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?  

 

 

-

17


 

  Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.  

 

 

-

18


 

  Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.  

 

 

-

19


 

  Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.  

 

 

-

20


 

  Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.  

 

 

-

21


 

  Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.  

 

 

-

22


 

  Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!  

 

 

-

JOB 33

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: