Afrikaans Bible

JOB 33

JOB

Return to Index

Chapter 34

1


 

  Verder het El¡hu aangehef en gesê:  

 

 

-

2


 

  Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!  

 

 

-

3


 

  Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.  

 

 

-

4


 

  Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.  

 

 

-

5


 

  Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.  

 

 

-

6


 

  Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!  

 

 

-

7


 

  Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?  

 

 

-

8


 

  Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?  

 

 

-

9


 

  Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.  

 

 

-

10


 

  Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!  

 

 

-

11


 

  Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.  

 

 

-

12


 

  Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.  

 

 

-

13


 

  Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?  

 

 

-

14


 

  As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,  

 

 

-

15


 

  dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.  

 

 

-

16


 

  As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.  

 

 

-

17


 

  Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?  

 

 

-

18


 

  Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!  

 

 

-

19


 

  Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.  

 

 

-

20


 

  In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf -- nie deur 'n hand nie.  

 

 

-

21


 

  Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.  

 

 

-

22


 

  Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.  

 

 

-

23


 

  Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.  

 

 

-

24


 

  Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.  

 

 

-

25


 

  So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.  

 

 

-

26


 

  Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,  

 

 

-

27


 

  omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie --  

 

 

-

28


 

  om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.  

 

 

-

29


 

  En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? -- of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;  

 

 

-

30


 

  sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.  

 

 

-

31


 

  Want sê iemand wel tot God: Ek boet sonder dat ek sleg handel;  

 

 

-

32


 

  wat ek nie insien nie, leer U my dit;  s ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie --  

 

 

-

33


 

  moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat u moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet -- spreek dit uit!  

 

 

-

34


 

  Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:  

 

 

-

35


 

  Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.  

 

 

-

36


 

  Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.  

 

 

-

37


 

  Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.  

 

 

-

JOB 35

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: