Afrikaans Bible

2 JOHANNES 1

3 JOHANNES

Return to Index

Chapter 1

1


 

  Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.  

 

 

-

2


 

  Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;  

 

 

-

3


 

  want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.  

 

 

-

4


 

  Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.  

 

 

-

5


 

  Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,  

 

 

-

6


 

  wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n voor God waardige wyse.  

 

 

-

7


 

  Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.  

 

 

-

8


 

  Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.  

 

 

-

9


 

  Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.  

 

 

-

10


 

  Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.  

 

 

-

11


 

  Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.  

 

 

-

12


 

  Van Dem‚trius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.  

 

 

-

13


 

  Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.  

 

 

-

14


 

  Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek. [ (III John 1:15) Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam. ]  

 

 

-

JUDAS 1

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: