Afrikaans Bible

GALATE 4

GALATE

Return to Index

Chapter 5

1


 

  Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.  

 

 

-

2


 

  Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.  

 

 

-

3


 

  En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.  

 

 

-

4


 

  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.  

 

 

-

5


 

  Want ons verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.  

 

 

-

6


 

  Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.  

 

 

-

7


 

  Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?  

 

 

-

8


 

  Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.  

 

 

-

9


 

  'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.  

 

 

-

10


 

  Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.  

 

 

-

11


 

  Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!  

 

 

-

12


 

  Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!  

 

 

-

13


 

  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.  

 

 

-

14


 

  Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  

 

 

-

15


 

  Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.  

 

 

-

16


 

  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;  

 

 

-

17


 

  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.  

 

 

-

18


 

  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  

 

 

-

19


 

  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;  

 

 

-

20


 

  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;  

 

 

-

21


 

  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.  

 

 

-

22


 

  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.  

 

 

-

23


 

  Teen sulke dinge is die wet nie.  

 

 

-

24


 

  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.  

 

 

-

25


 

  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.  

 

 

-

26


 

  Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.  

 

 

-

GALATE 6

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: