Afrikaans Bible

2 KORINTHËRS 5

2 KORINTHËRS

Return to Index

Chapter 6

1


 

  En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.  

 

 

-

2


 

  Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.  

 

 

-

3


 

  Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;  

 

 

-

4


 

  maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;  

 

 

-

5


 

  in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;  

 

 

-

6


 

  in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;  

 

 

-

7


 

  in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;  

 

 

-

8


 

  deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;  

 

 

-

9


 

  as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;  

 

 

-

10


 

  as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.  

 

 

-

11


 

  Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.  

 

 

-

12


 

  Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.  

 

 

-

13


 

  Maar by wyse van vergoeding -- ek praat soos met kinders -- moet julle ook verruim word.  

 

 

-

14


 

  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?  

 

 

-

15


 

  En watter ooreenstemming het Christus met B‚lial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?  

 

 

-

16


 

  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.  

 

 

-

17


 

  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;  

 

 

-

18


 

  en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.  

 

 

-

2 KORINTHËRS 7

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: