Afrikaans Bible

1 KORINTHRS 15

1 KORINTHRS

Return to Index

Chapter 16

1


 

  Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Gal sië gereël het.  

 

 

-

2


 

  Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.  

 

 

-

3


 

  En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.  

 

 

-

4


 

  En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.  

 

 

-

5


 

  Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedonië gereis het, want ek gaan deur Macedonië.  

 

 

-

6


 

  En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.  

 

 

-

7


 

  Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.  

 

 

-

8


 

  Maar ek sal in fese bly tot pinkster toe.  

 

 

-

9


 

  Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.  

 

 

-

10


 

  En as Timothes kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.  

 

 

-

11


 

  Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.  

 

 

-

12


 

  Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.  

 

 

-

13


 

  Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.  

 

 

-

14


 

  Laat alles by julle in liefde geskied.  

 

 

-

15


 

  En ek versoek julle, broeders -- julle weet dat die huisgesin van St‚fanas die eersteling van Ach je is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het --  

 

 

-

16


 

  dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.  

 

 

-

17


 

  En ek verbly my oor die aankoms van St‚fanas en Fortun tus en Ach ‹cus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.  

 

 

-

18


 

  Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.  

 

 

-

19


 

  Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Prisc¡lla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.  

 

 

-

20


 

  Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.  

 

 

-

21


 

  Die groete van Paulus, met my eie hand.  

 

 

-

22


 

  As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maran ta!  

 

 

-

23


 

  Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!  

 

 

-

24


 

  My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.  

 

 

-

2 KORINTHRS 1

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: