Afrikaans Bible

1 KORINTHËRS 2

1 KORINTHËRS

Return to Index

Chapter 3

1


 

  En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.  

 

 

-

2


 

  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,  

 

 

-

3


 

  omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?  

 

 

-

4


 

  Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos -- is julle nie vleeslik nie?  

 

 

-

5


 

  Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.  

 

 

-

6


 

  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.  

 

 

-

7


 

  So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.  

 

 

-

8


 

  Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.  

 

 

-

9


 

  Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.  

 

 

-

10


 

  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.  

 

 

-

11


 

  Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.  

 

 

-

12


 

  En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels --  

 

 

-

13


 

  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.  

 

 

-

14


 

  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;  

 

 

-

15


 

  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.  

 

 

-

16


 

  Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?  

 

 

-

17


 

  As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.  

 

 

-

18


 

  Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;  

 

 

-

19


 

  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;  

 

 

-

20


 

  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.  

 

 

-

21


 

  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  

 

 

-

22


 

  of dit Paulus is of Apollos of C‚fas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge -- alles behoort aan julle;  

 

 

-

23


 

  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.  

 

 

-

1 KORINTHËRS 4

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: