Afrikaans Bible

JOHANNES 8

DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES

Return to Index

Chapter 9

1


 

  En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af.  

 

 

-

2


 

  En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?  

 

 

-

3


 

  Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.  

 

 

-

4


 

  Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.  

 

 

-

5


 

  So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.  

 

 

-

6


 

  En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man  

 

 

-

7


 

  en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Siloam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.  

 

 

-

8


 

  Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?  

 

 

-

9


 

  Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.  

 

 

-

10


 

  Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?  

 

 

-

11


 

  Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Siloam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.  

 

 

-

12


 

  En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.  

 

 

-

13


 

  Hulle bring hom na die Fariseërs -- die man wat vroeër blind was.  

 

 

-

14


 

  En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.  

 

 

-

15


 

  Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.  

 

 

-

16


 

  En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.  

 

 

-

17


 

  Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.  

 

 

-

18


 

  En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.  

 

 

-

19


 

  En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?  

 

 

-

20


 

  Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;  

 

 

-

21


 

  maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.  

 

 

-

22


 

  Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.  

 

 

-

23


 

  Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.  

 

 

-

24


 

  Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.  

 

 

-

25


 

  En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.  

 

 

-

26


 

  En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?  

 

 

-

27


 

  Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?  

 

 

-

28


 

  Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.  

 

 

-

29


 

  Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.  

 

 

-

30


 

  Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!  

 

 

-

31


 

  En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.  

 

 

-

32


 

  Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.  

 

 

-

33


 

  As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.  

 

 

-

34


 

  Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.  

 

 

-

35


 

  Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?  

 

 

-

36


 

  Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?  

 

 

-

37


 

  En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.  

 

 

-

38


 

  Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.  

 

 

-

39


 

  En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.  

 

 

-

40


 

  En die van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?  

 

 

-

41


 

  Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.  

 

 

-

JOHANNES 10

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: