Afrikaans Bible

MARKUS 6

DIE EVANGELIE VOLGENS MARKUS

Return to Index

Chapter 7

1


 

  En die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom;  

 

 

-

2


 

  en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit is met ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur.  

 

 

-

3


 

  Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.  

 

 

-

4


 

  En wanneer hulle van die mark kom, eet hulle nie as hulle nie gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers en kanne en kopergoed en bedde.  

 

 

-

5


 

  Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande?  

 

 

-

6


 

  En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.  

 

 

-

7


 

  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.  

 

 

-

8


 

  Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.  

 

 

-

9


 

  En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.  

 

 

-

10


 

  Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.  

 

 

-

11


 

  Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe --  

 

 

-

12


 

  dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie.  

 

 

-

13


 

  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.  

 

 

-

14


 

  En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.  

 

 

-

15


 

  Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, d¡t is die dinge wat die mens onrein maak.  

 

 

-

16


 

  As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!  

 

 

-

17


 

  En toe Hy van die skare af in 'n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis.  

 

 

-

18


 

  En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,  

 

 

-

19


 

  omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?  

 

 

-

20


 

  En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.  

 

 

-

21


 

  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,  

 

 

-

22


 

  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.  

 

 

-

23


 

  Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.  

 

 

-

24


 

  En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.  

 

 

-

25


 

  Want 'n vrou wie se dogtertjie 'n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.  

 

 

-

26


 

  En sy was 'n Griekse vrou, 'n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.  

 

 

-

27


 

  Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie.  

 

 

-

28


 

  En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.  

 

 

-

29


 

  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.  

 

 

-

30


 

  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê.  

 

 

-

31


 

  En Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galil‚a gegaan, deur die gebied van Dek polis.  

 

 

-

32


 

  Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê.  

 

 

-

33


 

  En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan;  

 

 

-

34


 

  en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: ffata, dit is: Gaan oop!  

 

 

-

35


 

  En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.  

 

 

-

36


 

  En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.  

 

 

-

37


 

  En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.  

 

 

-

MARKUS 8

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: