Afrikaans Bible

MATTHEUS 27

DIE EVANGELIE VOLGENS MATTHEUS

Return to Index

Chapter 28

1


 

  En laat n  die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdal‚na en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.  

 

 

-

2


 

  En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.  

 

 

-

3


 

  En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.  

 

 

-

4


 

  En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.  

 

 

-

5


 

  Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.  

 

 

-

6


 

  Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;  

 

 

-

7


 

  en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galil‚a. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.  

 

 

-

8


 

  En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.  

 

 

-

9


 

  En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.  

 

 

-

10


 

  En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galil‚a moet gaan; en daar sal hulle My sien.  

 

 

-

11


 

  En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.  

 

 

-

12


 

  En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee  

 

 

-

13


 

  en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.  

 

 

-

14


 

  En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.  

 

 

-

15


 

  Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.  

 

 

-

16


 

  En die elf dissipels het na Galil‚a gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.  

 

 

-

17


 

  En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.  

 

 

-

18


 

  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.  

 

 

-

19


 

  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  

 

 

-

20


 

  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.  

 

 

-

MARKUS 1

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: