Afrikaans Bible

MALEAGI 4

DIE EVANGELIE VOLGENS MATTHEUS

Return to Index

Chapter 1

1


 

  Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:  

 

 

-

2


 

  Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;  

 

 

-

3


 

  en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,  

 

 

-

4


 

  en Ram die vader van Amm¡nadab, en Amm¡nadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,  

 

 

-

5


 

  en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,  

 

 

-

6


 

  en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Ur¡a,  

 

 

-

7


 

  en Salomo die vader van Reh beam, en Reh beam die vader van Ab¡a, en Ab¡a die vader van Asa,  

 

 

-

8


 

  en Asa die vader van Josafat, en Josafat die vader van Joram, en Joram die vader van Uss¡a,  

 

 

-

9


 

  en Uss¡a die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hisk¡a,  

 

 

-

10


 

  en Hisk¡a die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Jos¡a,  

 

 

-

11


 

  en Jos¡a die vader van Jegonia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.  

 

 

-

12


 

  En n  die Babiloniese ballingskap het Jegonia die vader geword van Se ltiël, en Se ltiël was die vader van Serubb bel,  

 

 

-

13


 

  en Serubb bel die vader van Ab¡ud, en Ab¡ud die vader van ljakim, en ljakim die vader van Asor,  

 

 

-

14


 

  en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van El¡ud,  

 

 

-

15


 

  en El¡ud die vader van Ele sar, en Ele sar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,  

 

 

-

16


 

  en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.  

 

 

-

17


 

  Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.  

 

 

-

18


 

  Die geboorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.  

 

 

-

19


 

  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.  

 

 

-

20


 

  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  

 

 

-

21


 

  en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.  

 

 

-

22


 

  En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:  

 

 

-

23


 

  Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emm nuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.  

 

 

-

24


 

  En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;  

 

 

-

25


 

  en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.  

 

 

-

MATTHEUS 2

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: