Afrikaans Bible

SAGARIA 1

SAGARIA

Return to Index

Chapter 2

1


 

  En ek het my oë opgehef en gekyk -- daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.  

 

 

-

2


 

  Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.  

 

 

-

3


 

  En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en 'n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,  

 

 

-

4


 

  aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.  

 

 

-

5


 

  En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.  

 

 

-

6


 

  Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.  

 

 

-

7


 

  Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!  

 

 

-

8


 

  Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.  

 

 

-

9


 

  Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my gestuur het.  

 

 

-

10


 

  Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.  

 

 

-

11


 

  En baie nasies sal hulle in die dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na jou gestuur het.  

 

 

-

12


 

  En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.  

 

 

-

13


 

  Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.  

 

 

-

SAGARIA 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: