Afrikaans Bible

SEFANJA 1

SEFANJA

Return to Index

Chapter 2

1


 

  Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!  

 

 

-

2


 

  Voordat die besluit baar -- soos kaf gaan die dag verby -- voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE.  

 

 

-

3


 

  Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid -- miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.  

 

 

-

4


 

  Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.  

 

 

-

5


 

  Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne -- Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.  

 

 

-

6


 

  En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.  

 

 

-

7


 

  En dit sal wees 'n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.  

 

 

-

8


 

  Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.  

 

 

-

9


 

  Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra -- 'n veld van brandnekels en soutpanne en 'n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.  

 

 

-

10


 

  Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare.  

 

 

-

11


 

  Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.  

 

 

-

12


 

  Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.  

 

 

-

13


 

  Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninev‚ tot 'n verwoesting maak, dor soos die woestyn.  

 

 

-

14


 

  En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk.  

 

 

-

15


 

  Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit 'n verwoesting geword, 'n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.  

 

 

-

SEFANJA 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: