Afrikaans Bible

NAHUM 2

NAHUM

Return to Index

Chapter 3

1


 

  Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!  

 

 

-

2


 

  Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!  

 

 

-

3


 

  Ruiters op 'n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En 'n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie -- 'n mens struikel oor hulle lyke!  

 

 

-

4


 

  Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.  

 

 

-

5


 

  Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.  

 

 

-

6


 

  En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou 'n skouspel maak,  

 

 

-

7


 

  sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninev‚! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?  

 

 

-

8


 

  Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?  

 

 

-

9


 

  Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Put‚ërs en L¡biërs was jou tot hulp.  

 

 

-

10


 

  Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.  

 

 

-

11


 

  Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal 'n toevlug soek teen die vyand.  

 

 

-

12


 

  Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter.  

 

 

-

13


 

  Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.  

 

 

-

14


 

  Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.  

 

 

-

15


 

  Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;  

 

 

-

16


 

  al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel -- die voetgangers vervel en vlieg weg!  

 

 

-

17


 

  Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit -- die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.  

 

 

-

18


 

  Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.  

 

 

-

19


 

  Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?  

 

 

-

HABAKUK 1

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: