Afrikaans Bible

AMOS 1

AMOS

Return to Index

Chapter 2

1


 

  So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.  

 

 

-

2


 

  Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van K‚rijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.  

 

 

-

3


 

  En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die HERE.  

 

 

-

4


 

  So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.  

 

 

-

5


 

  Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.  

 

 

-

6


 

  So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene.  

 

 

-

7


 

  Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.  

 

 

-

8


 

  En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.  

 

 

-

9


 

  En tog het k die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.  

 

 

-

10


 

  Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.  

 

 

-

11


 

  En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.  

 

 

-

12


 

  Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!  

 

 

-

13


 

  Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos 'n wa kraak wat vol gerwe is;  

 

 

-

14


 

  sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.  

 

 

-

15


 

  En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.  

 

 

-

16


 

  En die dapperste onder die helde sal op die dag naak wegvlug, spreek die HERE.  

 

 

-

AMOS 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: