Afrikaans Bible

ESEGIËL 18

ESEGIËL

Return to Index

Chapter 19

1


 

  Verder, hef jy 'n klaaglied aan oor die vorste van Israel,  

 

 

-

2


 

  en sê: Wat was jou moeder? 'n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.  

 

 

-

3


 

  En sy het een van haar kleintjies opgekweek, 'n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.  

 

 

-

4


 

  En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.  

 

 

-

5


 

  En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy 'n ander een van haar kleintjies geneem, hom 'n jong leeu gemaak.  

 

 

-

6


 

  En hy het rondgeloop onder die leeus, het 'n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.  

 

 

-

7


 

  Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.  

 

 

-

8


 

  Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang.  

 

 

-

9


 

  En hulle het hom in 'n hok gesit aan hake en hom na die koning van Babel gebring; hulle het hom in vestings gebring, dat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.  

 

 

-

10


 

  Jou moeder was soos 'n wingerdstok in jou rustige tyd; by waters was dit geplant; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters.  

 

 

-

11


 

  En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sy top was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.  

 

 

-

12


 

  Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi, en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak -- die vuur het dit verteer.  

 

 

-

13


 

  En nou is dit geplant in die woestyn, in 'n dor en dorstige land.  

 

 

-

14


 

  En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie. 'n Klaaglied is dit, en 'n klaaglied het dit geword.  

 

 

-

ESEGIËL 20

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: