Afrikaans Bible

JESAJA 45

JESAJA

Return to Index

Chapter 46

1


 

  Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.  

 

 

-

2


 

  Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.  

 

 

-

3


 

  Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;  

 

 

-

4


 

  en tot die ouderdom toe is k dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; k het dit gedoen, en k sal julle opneem, en k sal dra en red.  

 

 

-

5


 

  By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?  

 

 

-

6


 

  Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur 'n goudsmid, en hy maak daar 'n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.  

 

 

-

7


 

  Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.  

 

 

-

8


 

  Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges!  

 

 

-

9


 

  Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;  

 

 

-

10


 

  wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;  

 

 

-

11


 

  wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.  

 

 

-

12


 

  Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid!  

 

 

-

13


 

  Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.  

 

 

-

JESAJA 47

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: