Afrikaans Bible

JESAJA 25

JESAJA

Return to Index

Chapter 26

1


 

  In die dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.  

 

 

-

2


 

  Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!  

 

 

-

3


 

  U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.  

 

 

-

4


 

  Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.  

 

 

-

5


 

  Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.  

 

 

-

6


 

  Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.  

 

 

-

7


 

  Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.  

 

 

-

8


 

  Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.  

 

 

-

9


 

  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.  

 

 

-

10


 

  Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.  

 

 

-

11


 

  HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.  

 

 

-

12


 

  HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring.  

 

 

-

13


 

  HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons u Naam.  

 

 

-

14


 

  Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.  

 

 

-

15


 

  U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.  

 

 

-

16


 

  HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.  

 

 

-

17


 

  Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!  

 

 

-

18


 

  Ons was swanger, het weë gehad -- dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.  

 

 

-

19


 

  U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.  

 

 

-

20


 

  Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.  

 

 

-

21


 

  Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.  

 

 

-

JESAJA 27

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: