Afrikaans Bible

HOOGLIED VAN SALOMO 6

HOOGLIED VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 7

1


 

  Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande.  

 

 

-

2


 

  U nawel is 'n ronde kom -- laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies.  

 

 

-

3


 

  U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok.  

 

 

-

4


 

  U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die L¡banon wat na Damaskus toe uitkyk.  

 

 

-

5


 

  U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper -- 'n koning gevang in haarlokke!  

 

 

-

6


 

  Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!  

 

 

-

7


 

  U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.  

 

 

-

8


 

  Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos die van appels,  

 

 

-

9


 

  en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.  

 

 

-

10


 

  Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my.  

 

 

-

11


 

  Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag.  

 

 

-

12


 

  Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.  

 

 

-

13


 

  Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.  

 

 

-

HOOGLIED VAN SALOMO 8

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: