Afrikaans Bible

PREDIKER 9

PREDIKER

Return to Index

Chapter 10

1


 

  Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.  

 

 

-

2


 

  Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.  

 

 

-

3


 

  Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.  

 

 

-

4


 

  As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.  

 

 

-

5


 

  Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:  

 

 

-

6


 

  die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.  

 

 

-

7


 

  Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.  

 

 

-

8


 

  Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt.  

 

 

-

9


 

  Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.  

 

 

-

10


 

  As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.  

 

 

-

11


 

  As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.  

 

 

-

12


 

  Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.  

 

 

-

13


 

  Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.  

 

 

-

14


 

  En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat n  hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?  

 

 

-

15


 

  Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.  

 

 

-

16


 

  Wee jou, o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.  

 

 

-

17


 

  Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.  

 

 

-

18


 

  Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.  

 

 

-

19


 

  Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.  

 

 

-

20


 

  Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.  

 

 

-

PREDIKER 11

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: