Afrikaans Bible

PREDIKER 2

PREDIKER

Return to Index

Chapter 3

1


 

  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:  

 

 

-

2


 

  'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is,  

 

 

-

3


 

  'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,  

 

 

-

4


 

  'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring,  

 

 

-

5


 

  'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing,  

 

 

-

6


 

  'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi,  

 

 

-

7


 

  'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,  

 

 

-

8


 

  'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.  

 

 

-

9


 

  Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?  

 

 

-

10


 

  Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.  

 

 

-

11


 

  Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.  

 

 

-

12


 

  So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.  

 

 

-

13


 

  En ook -- dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.  

 

 

-

14


 

  Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.  

 

 

-

15


 

  Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.  

 

 

-

16


 

  Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg -- daar was onreg, en die plek van geregtigheid -- daar was onreg.  

 

 

-

17


 

  Ek het in my hart gesê: God sal die regverdige en die goddelose oordeel, want d  r is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.  

 

 

-

18


 

  Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.  

 

 

-

19


 

  Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.  

 

 

-

20


 

  Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.  

 

 

-

21


 

  Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?  

 

 

-

22


 

  So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat n  hom sal wees?  

 

 

-

PREDIKER 4

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: