Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 23

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 24

1


 

  Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.  

 

 

-

2


 

  Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.  

 

 

-

3


 

  Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;  

 

 

-

4


 

  en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.  

 

 

-

5


 

  'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.  

 

 

-

6


 

  Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.  

 

 

-

7


 

  Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.  

 

 

-

8


 

  Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.  

 

 

-

9


 

  Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.  

 

 

-

10


 

  Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.  

 

 

-

11


 

  Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!  

 

 

-

12


 

  As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! -- sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.  

 

 

-

13


 

  Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.  

 

 

-

14


 

  Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.  

 

 

-

15


 

  Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.  

 

 

-

16


 

  Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.  

 

 

-

17


 

  As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,  

 

 

-

18


 

  dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.  

 

 

-

19


 

  Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.  

 

 

-

20


 

  Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.  

 

 

-

21


 

  My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.  

 

 

-

22


 

  Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?  

 

 

-

23


 

  Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.  

 

 

-

24


 

  Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! -- die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.  

 

 

-

25


 

  Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.  

 

 

-

26


 

  Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.  

 

 

-

27


 

  Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.  

 

 

-

28


 

  Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?  

 

 

-

29


 

  Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen -- ek sal die man vergelde na sy werk.  

 

 

-

30


 

  Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,  

 

 

-

31


 

  en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.  

 

 

-

32


 

  En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:  

 

 

-

33


 

  Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;  

 

 

-

34


 

  dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.  

 

 

-

SPREUKE VAN SALOMO 25

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: