Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 19

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 20

1


 

  Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.  

 

 

-

2


 

  Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.  

 

 

-

3


 

  Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.  

 

 

-

4


 

  In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.  

 

 

-

5


 

  Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.  

 

 

-

6


 

  Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?  

 

 

-

7


 

  Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige -- gelukkig is sy kinders n  hom.  

 

 

-

8


 

  'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.  

 

 

-

9


 

  Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?  

 

 

-

10


 

  Twee soorte gewig, twee soorte maat -- hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.  

 

 

-

11


 

  Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.  

 

 

-

12


 

  'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien -- die HERE het hulle altwee gemaak.  

 

 

-

13


 

  Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.  

 

 

-

14


 

  Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.  

 

 

-

15


 

  Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.  

 

 

-

16


 

  Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.  

 

 

-

17


 

  Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.  

 

 

-

18


 

  Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.  

 

 

-

19


 

  Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.  

 

 

-

20


 

  Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.  

 

 

-

21


 

  'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is -- die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.  

 

 

-

22


 

  Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.  

 

 

-

23


 

  Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.  

 

 

-

24


 

  Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?  

 

 

-

25


 

  Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers n  die geloftes te oorweeg.  

 

 

-

26


 

  'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.  

 

 

-

27


 

  Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.  

 

 

-

28


 

  Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.  

 

 

-

29


 

  Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.  

 

 

-

30


 

  Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.  

 

 

-

SPREUKE VAN SALOMO 21

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: