Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 14

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 15

1


 

  'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.  

 

 

-

2


 

  Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.  

 

 

-

3


 

  Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.  

 

 

-

4


 

  Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.  

 

 

-

5


 

  Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.  

 

 

-

6


 

  In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.  

 

 

-

7


 

  Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.  

 

 

-

8


 

  Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.  

 

 

-

9


 

  Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.  

 

 

-

10


 

  'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.  

 

 

-

11


 

  Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!  

 

 

-

12


 

  Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.  

 

 

-

13


 

  'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.  

 

 

-

14


 

  Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.  

 

 

-

15


 

  Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.  

 

 

-

16


 

  Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.  

 

 

-

17


 

  Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.  

 

 

-

18


 

  'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.  

 

 

-

19


 

  Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.  

 

 

-

20


 

  'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.  

 

 

-

21


 

  Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.  

 

 

-

22


 

  Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.  

 

 

-

23


 

  'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!  

 

 

-

24


 

  Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.  

 

 

-

25


 

  Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.  

 

 

-

26


 

  Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.  

 

 

-

27


 

  Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.  

 

 

-

28


 

  Die hart van die regverdige dink n  om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.  

 

 

-

29


 

  Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.  

 

 

-

30


 

  Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.  

 

 

-

31


 

  Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.  

 

 

-

32


 

  Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.  

 

 

-

33


 

  Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.  

 

 

-

SPREUKE VAN SALOMO 16

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: