Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 12

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 13

1


 

  'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.  

 

 

-

2


 

  Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.  

 

 

-

3


 

  Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.  

 

 

-

4


 

  Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.  

 

 

-

5


 

  Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.  

 

 

-

6


 

  Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.  

 

 

-

7


 

  Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.  

 

 

-

8


 

  Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.  

 

 

-

9


 

  Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.  

 

 

-

10


 

  Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.  

 

 

-

11


 

  Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.  

 

 

-

12


 

  'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.  

 

 

-

13


 

  Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.  

 

 

-

14


 

  Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.  

 

 

-

15


 

  'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.  

 

 

-

16


 

  Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.  

 

 

-

17


 

  'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.  

 

 

-

18


 

  Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.  

 

 

-

19


 

  'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.  

 

 

-

20


 

  Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.  

 

 

-

21


 

  Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.  

 

 

-

22


 

  'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.  

 

 

-

23


 

  Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.  

 

 

-

24


 

  Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.  

 

 

-

25


 

  Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.  

 

 

-

SPREUKE VAN SALOMO 14

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: