Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 6

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 7

1


 

  My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;  

 

 

-

2


 

  onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;  

 

 

-

3


 

  bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.  

 

 

-

4


 

  Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,  

 

 

-

5


 

  sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.  

 

 

-

6


 

  Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,  

 

 

-

7


 

  en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,  

 

 

-

8


 

  wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,  

 

 

-

9


 

  in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.  

 

 

-

10


 

  En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart --  

 

 

-

11


 

  sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie --  

 

 

-

12


 

  nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.  

 

 

-

13


 

  En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:  

 

 

-

14


 

  Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;  

 

 

-

15


 

  daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.  

 

 

-

16


 

  Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;  

 

 

-

17


 

  ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel --  

 

 

-

18


 

  kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.  

 

 

-

19


 

  Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,  

 

 

-

20


 

  die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.  

 

 

-

21


 

  Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.  

 

 

-

22


 

  Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,  

 

 

-

23


 

  totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg -- sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.  

 

 

-

24


 

  Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.  

 

 

-

25


 

  Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.  

 

 

-

26


 

  Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.  

 

 

-

27


 

  Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.  

 

 

-

SPREUKE VAN SALOMO 8

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: