Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 1

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 2

1


 

  My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,  

 

 

-

2


 

  sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;  

 

 

-

3


 

  ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,  

 

 

-

4


 

  as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,  

 

 

-

5


 

  dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind  

 

 

-

6


 

     

 

 

-

7


 

  en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel  

 

 

-

8


 

  deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar;  

 

 

-

9


 

  dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid -- elke goeie pad.  

 

 

-

10


 

  Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;  

 

 

-

11


 

  oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,  

 

 

-

12


 

  om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;  

 

 

-

13


 

  van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weĆ« van duisternis te wandel;  

 

 

-

14


 

  die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,  

 

 

-

15


 

  van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;  

 

 

-

16


 

  om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei  

 

 

-

17


 

     

 

 

-

18


 

  want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;  

 

 

-

19


 

  almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie  

 

 

-

20


 

  sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;  

 

 

-

21


 

  want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,  

 

 

-

22


 

  maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.  

 

 

-

SPREUKE VAN SALOMO 3

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: