Afrikaans Bible

PSALMS 146

PSALMS

Return to Index

Chapter 147

1


 

  Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!  

 

 

-

2


 

  Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.  

 

 

-

3


 

  Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.  

 

 

-

4


 

  Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.  

 

 

-

5


 

  Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.  

 

 

-

6


 

  Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.  

 

 

-

7


 

  Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;  

 

 

-

8


 

  wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,  

 

 

-

9


 

  wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.  

 

 

-

10


 

  Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.  

 

 

-

11


 

  Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.  

 

 

-

12


 

  o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!  

 

 

-

13


 

  Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.  

 

 

-

14


 

  Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,  

 

 

-

15


 

  wat sy bevel na die aarde stuur -- sy woord loop baie vinnig.  

 

 

-

16


 

  Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.  

 

 

-

17


 

  Hy werp sy ys heen soos stukke -- wie kan bestaan voor sy koue?  

 

 

-

18


 

  Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai -- die waters loop.  

 

 

-

19


 

  Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.  

 

 

-

20


 

  So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, die ken hulle nie. Halleluja!  

 

 

-

PSALMS 148

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: