Afrikaans Bible

PSALMS 117

PSALMS

Return to Index

Chapter 118

1


 

  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!  

 

 

-

2


 

  Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!  

 

 

-

3


 

  Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!  

 

 

-

4


 

  Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!  

 

 

-

5


 

  Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.  

 

 

-

6


 

  Die HERE is v¡r my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?  

 

 

-

7


 

  Die HERE is v¡r my as my helper; so sal ‚k dan neersien op die wat my haat.  

 

 

-

8


 

  Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.  

 

 

-

9


 

  Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.  

 

 

-

10


 

  Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.  

 

 

-

11


 

  Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.  

 

 

-

12


 

  Hulle het my omsingel soos bye -- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.  

 

 

-

13


 

  Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.  

 

 

-

14


 

  Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.  

 

 

-

15


 

  'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.  

 

 

-

16


 

  Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.  

 

 

-

17


 

  Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.  

 

 

-

18


 

  Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.  

 

 

-

19


 

  Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.  

 

 

-

20


 

  Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.  

 

 

-

21


 

  Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.  

 

 

-

22


 

  Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.  

 

 

-

23


 

  Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.  

 

 

-

24


 

  Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.  

 

 

-

25


 

  Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!  

 

 

-

26


 

  Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.  

 

 

-

27


 

  Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.  

 

 

-

28


 

  U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.  

 

 

-

29


 

  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!  

 

 

-

PSALMS 119

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: