Afrikaans Bible

PSALMS 108

PSALMS

Return to Index

Chapter 109

1


 

  Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!  

 

 

-

2


 

  Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,  

 

 

-

3


 

  en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.  

 

 

-

4


 

  Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.  

 

 

-

5


 

  En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.  

 

 

-

6


 

  Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.  

 

 

-

7


 

  As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.  

 

 

-

8


 

  Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.  

 

 

-

9


 

  Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;  

 

 

-

10


 

  en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.  

 

 

-

11


 

  Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.  

 

 

-

12


 

  Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.  

 

 

-

13


 

  Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.  

 

 

-

14


 

  Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.  

 

 

-

15


 

  Laat die altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;  

 

 

-

16


 

  omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.  

 

 

-

17


 

  Ja, hy het die vloek liefgehad en -- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en -- dit het ver van hom af gebly.  

 

 

-

18


 

  Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en -- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.  

 

 

-

19


 

  Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.  

 

 

-

20


 

  Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.  

 

 

-

21


 

  Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.  

 

 

-

22


 

  Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.  

 

 

-

23


 

  Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.  

 

 

-

24


 

  My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.  

 

 

-

25


 

  En ‚k het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.  

 

 

-

26


 

  Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,  

 

 

-

27


 

  sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.  

 

 

-

28


 

  Laat hulle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.  

 

 

-

29


 

  Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.  

 

 

-

30


 

  Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;  

 

 

-

31


 

  want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.  

 

 

-

PSALMS 110

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: