Afrikaans Bible

PSALMS 106

PSALMS

Return to Index

Chapter 107

1


 

  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!  

 

 

-

2


 

  Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het  

 

 

-

3


 

  en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.  

 

 

-

4


 

  Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.  

 

 

-

5


 

  Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.  

 

 

-

6


 

  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.  

 

 

-

7


 

  En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.  

 

 

-

8


 

  Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;  

 

 

-

9


 

  want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.  

 

 

-

10


 

  Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters --  

 

 

-

11


 

  omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,  

 

 

-

12


 

  het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.  

 

 

-

13


 

  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.  

 

 

-

14


 

  Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.  

 

 

-

15


 

  Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;  

 

 

-

16


 

  want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.  

 

 

-

17


 

  Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is --  

 

 

-

18


 

  hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.  

 

 

-

19


 

  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.  

 

 

-

20


 

  Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.  

 

 

-

21


 

  Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;  

 

 

-

22


 

  en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.  

 

 

-

23


 

  Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters --  

 

 

-

24


 

  hulle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte.  

 

 

-

25


 

  Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.  

 

 

-

26


 

  Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee.  

 

 

-

27


 

  Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.  

 

 

-

28


 

  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.  

 

 

-

29


 

  Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.  

 

 

-

30


 

  Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.  

 

 

-

31


 

  Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.  

 

 

-

32


 

  En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.  

 

 

-

33


 

  Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,  

 

 

-

34


 

  vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.  

 

 

-

35


 

  Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;  

 

 

-

36


 

  en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.  

 

 

-

37


 

  En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.  

 

 

-

38


 

  En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.  

 

 

-

39


 

  Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer --  

 

 

-

40


 

  Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad --  

 

 

-

41


 

  Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.  

 

 

-

42


 

  Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.  

 

 

-

43


 

  Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.  

 

 

-

PSALMS 108

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: