Afrikaans Bible

PSALMS 88

PSALMS

Return to Index

Chapter 89

1


 

  'n Onderwysing van Etan, die Esrahiet.  

 

 

-

2


 

  Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.  

 

 

-

3


 

  Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele -- daar bevestig U u trou.  

 

 

-

4


 

  Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe:  

 

 

-

5


 

  Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.  

 

 

-

6


 

  En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.  

 

 

-

7


 

  Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,  

 

 

-

8


 

  'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?  

 

 

-

9


 

  o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!  

 

 

-

10


 

  U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring.  

 

 

-

11


 

  U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.  

 

 

-

12


 

  Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid -- U het dit gegrond.  

 

 

-

13


 

  Die noorde en die suide -- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.  

 

 

-

14


 

  U het 'n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.  

 

 

-

15


 

  Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.  

 

 

-

16


 

  Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.  

 

 

-

17


 

  In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.  

 

 

-

18


 

  Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.  

 

 

-

19


 

  Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.  

 

 

-

20


 

  Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef.  

 

 

-

21


 

  Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,  

 

 

-

22


 

  met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.  

 

 

-

23


 

  Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;  

 

 

-

24


 

  maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.  

 

 

-

25


 

  En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.  

 

 

-

26


 

  En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.  

 

 

-

27


 

  Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!  

 

 

-

28


 

  Ja, k sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.  

 

 

-

29


 

  Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.  

 

 

-

30


 

  En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.  

 

 

-

31


 

  As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;  

 

 

-

32


 

  as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,  

 

 

-

33


 

  dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.  

 

 

-

34


 

  Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.  

 

 

-

35


 

  Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.  

 

 

-

36


 

  Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!  

 

 

-

37


 

  Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.  

 

 

-

38


 

  Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.  

 

 

-

39


 

  Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.  

 

 

-

40


 

  U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.  

 

 

-

41


 

  U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings 'n puinhoop gemaak.  

 

 

-

42


 

  Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword.  

 

 

-

43


 

  U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.  

 

 

-

44


 

  Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.  

 

 

-

45


 

  U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.  

 

 

-

46


 

  U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.  

 

 

-

47


 

  Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos 'n vuur?  

 

 

-

48


 

  Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!  

 

 

-

49


 

  Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.  

 

 

-

50


 

  Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou?  

 

 

-

51


 

  Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,  

 

 

-

52


 

  waarmee u vyande, o HERE, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad. [ (Psalms 89:53) Geloofd sy die HERE vir ewig! Amen, ja amen. ]  

 

 

-

PSALMS 90

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: