Afrikaans Bible

PSALMS 76

PSALMS

Return to Index

Chapter 77

1


 

  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedutun." 'n Psalm van Asaf.  

 

 

-

2


 

  My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.  

 

 

-

3


 

  Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.  

 

 

-

4


 

  As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.  

 

 

-

5


 

  U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.  

 

 

-

6


 

  Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.  

 

 

-

7


 

  Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:  

 

 

-

8


 

  Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?  

 

 

-

9


 

  Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?  

 

 

-

10


 

  Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.  

 

 

-

11


 

  Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!  

 

 

-

12


 

  Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd  

 

 

-

13


 

  en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.  

 

 

-

14


 

  o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?  

 

 

-

15


 

  U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.  

 

 

-

16


 

  U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.  

 

 

-

17


 

  Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.  

 

 

-

18


 

  Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.  

 

 

-

19


 

  U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.  

 

 

-

20


 

  U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie. [ (Psalms 77:21) U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron. ]  

 

 

-

PSALMS 78

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: