Afrikaans Bible

PSALMS 71

PSALMS

Return to Index

Chapter 72

1


 

  Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.  

 

 

-

2


 

  Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.  

 

 

-

3


 

  Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid.  

 

 

-

4


 

  Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.  

 

 

-

5


 

  Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.  

 

 

-

6


 

  Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie -- 'n swaar reën op die aarde.  

 

 

-

7


 

  In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.  

 

 

-

8


 

  En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.  

 

 

-

9


 

  Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.  

 

 

-

10


 

  Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.  

 

 

-

11


 

  Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.  

 

 

-

12


 

  Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.  

 

 

-

13


 

  Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.  

 

 

-

14


 

  Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.  

 

 

-

15


 

  Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!  

 

 

-

16


 

  Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die L¡banon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!  

 

 

-

17


 

  Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseënword, hom gelukkig prys!  

 

 

-

18


 

  Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!  

 

 

-

19


 

  En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.  

 

 

-

20


 

  Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.  

 

 

-

PSALMS 73

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: