Afrikaans Bible

PSALMS 62

PSALMS

Return to Index

Chapter 63

1


 

  'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.  

 

 

-

2


 

     

 

 

-

3


 

  So het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.  

 

 

-

4


 

  Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.  

 

 

-

5


 

  So sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.  

 

 

-

6


 

  Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe  

 

 

-

7


 

  as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.  

 

 

-

8


 

  Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.  

 

 

-

9


 

  My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.  

 

 

-

10


 

  Maar hulle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.  

 

 

-

11


 

  Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. [ (Psalms 63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. ]  

 

 

-

PSALMS 64

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: