Afrikaans Bible

PSALMS 58

PSALMS

Return to Index

Chapter 59

1


 

  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.  

 

 

-

2


 

  Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!  

 

 

-

3


 

  Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!  

 

 

-

4


 

  Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!  

 

 

-

5


 

  Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!  

 

 

-

6


 

  Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.  

 

 

-

7


 

  Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.  

 

 

-

8


 

  Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want -- wie sou dit hoor?  

 

 

-

9


 

  Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene.  

 

 

-

10


 

  My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.  

 

 

-

11


 

  My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.  

 

 

-

12


 

  Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!  

 

 

-

13


 

  Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.  

 

 

-

14


 

  Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.  

 

 

-

15


 

  En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.  

 

 

-

16


 

  Hulle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.  

 

 

-

17


 

  Maar ‚k sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was. [ (Psalms 59:18) My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God. ]  

 

 

-

PSALMS 60

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: