Afrikaans Bible

PSALMS 57

PSALMS

Return to Index

Chapter 58

1


 

  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig.  

 

 

-

2


 

  Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?  

 

 

-

3


 

  Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.  

 

 

-

4


 

  Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.  

 

 

-

5


 

  Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,  

 

 

-

6


 

  wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.  

 

 

-

7


 

  o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!  

 

 

-

8


 

  Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.  

 

 

-

9


 

  Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.  

 

 

-

10


 

  Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.  

 

 

-

11


 

  Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. [ (Psalms 58:12) En die mense sal sĂȘ: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel! ]  

 

 

-

PSALMS 59

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: