Afrikaans Bible

PSALMS 45

PSALMS

Return to Index

Chapter 46

1


 

  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.  

 

 

-

2


 

  God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.  

 

 

-

3


 

  Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.  

 

 

-

4


 

  Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.  

 

 

-

5


 

  Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.  

 

 

-

6


 

  God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.  

 

 

-

7


 

  Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.  

 

 

-

8


 

  Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.  

 

 

-

9


 

  Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,  

 

 

-

10


 

  wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.  

 

 

-

11


 

  Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]  

 

 

-

PSALMS 47

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: