Afrikaans Bible

PSALMS 42

PSALMS

Return to Index

Chapter 43

1


 

  Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!  

 

 

-

2


 

  Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?  

 

 

-

3


 

  Stuur u lig en u waarheid; laat die my lei; laat die my bring na u heilige berg en na u woninge,  

 

 

-

4


 

  dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!  

 

 

-

5


 

  Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God!  

 

 

-

PSALMS 44

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: