Afrikaans Bible

PSALMS 41

PSALMS

Return to Index

Chapter 42

1


 

  Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag.  

 

 

-

2


 

  Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!  

 

 

-

3


 

  My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?  

 

 

-

4


 

  My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?  

 

 

-

5


 

  Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof -- 'n feesvierende menigte!  

 

 

-

6


 

  Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van sy aangesig!  

 

 

-

7


 

  o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.  

 

 

-

8


 

  Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.  

 

 

-

9


 

  Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.  

 

 

-

10


 

  Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?  

 

 

-

11


 

  Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? [ (Psalms 42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God! ]  

 

 

-

PSALMS 43

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: