Afrikaans Bible

PSALMS 36

PSALMS

Return to Index

Chapter 37

1


 

  'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;  

 

 

-

2


 

  want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.  

 

 

-

3


 

  Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,  

 

 

-

4


 

  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.  

 

 

-

5


 

  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;  

 

 

-

6


 

  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.  

 

 

-

7


 

  Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.  

 

 

-

8


 

  He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.  

 

 

-

9


 

  Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.  

 

 

-

10


 

  Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.  

 

 

-

11


 

  Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.  

 

 

-

12


 

  Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.  

 

 

-

13


 

  Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.  

 

 

-

14


 

  Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om die te slag wat opreg is van weg.  

 

 

-

15


 

  Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.  

 

 

-

16


 

  Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;  

 

 

-

17


 

  want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.  

 

 

-

18


 

  Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.  

 

 

-

19


 

  Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.  

 

 

-

20


 

  Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.  

 

 

-

21


 

  Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;  

 

 

-

22


 

  want die wat deur Hom geseënword, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.  

 

 

-

23


 

  Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.  

 

 

-

24


 

  As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.  

 

 

-

25


 

  Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.  

 

 

-

26


 

  Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.  

 

 

-

27


 

  Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;  

 

 

-

28


 

  want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.  

 

 

-

29


 

  Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.  

 

 

-

30


 

  Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.  

 

 

-

31


 

  Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.  

 

 

-

32


 

  Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.  

 

 

-

33


 

  Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.  

 

 

-

34


 

  Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.  

 

 

-

35


 

  Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.  

 

 

-

36


 

  Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.  

 

 

-

37


 

  Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede.  

 

 

-

38


 

  Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.  

 

 

-

39


 

  Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.  

 

 

-

40


 

  En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.  

 

 

-

PSALMS 38

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: