Afrikaans Bible

PSALMS 34

PSALMS

Return to Index

Chapter 35

1


 

  'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!  

 

 

-

2


 

  Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!  

 

 

-

3


 

  En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!  

 

 

-

4


 

  Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!  

 

 

-

5


 

  Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.  

 

 

-

6


 

  Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!  

 

 

-

7


 

  Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.  

 

 

-

8


 

  Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!  

 

 

-

9


 

  Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.  

 

 

-

10


 

  Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!  

 

 

-

11


 

  Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.  

 

 

-

12


 

  Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.  

 

 

-

13


 

  En ek -- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.  

 

 

-

14


 

  Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.  

 

 

-

15


 

  Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.  

 

 

-

16


 

  Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.  

 

 

-

17


 

  Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.  

 

 

-

18


 

  Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.  

 

 

-

19


 

  Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!  

 

 

-

20


 

  Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.  

 

 

-

21


 

  En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!  

 

 

-

22


 

  HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!  

 

 

-

23


 

  Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.  

 

 

-

24


 

  Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!  

 

 

-

25


 

  Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!  

 

 

-

26


 

  Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!  

 

 

-

27


 

  Laat hulle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!  

 

 

-

28


 

  En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.  

 

 

-

PSALMS 36

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: