Afrikaans Bible

PSALMS 26

PSALMS

Return to Index

Chapter 27

1


 

  'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?  

 

 

-

2


 

  As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet -- my teëstanders en my vyande, ja, myne -- struikel hulle self en val.  

 

 

-

3


 

  Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.  

 

 

-

4


 

  Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.  

 

 

-

5


 

  Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots.  

 

 

-

6


 

  En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE.  

 

 

-

7


 

  Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.  

 

 

-

8


 

  Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!  

 

 

-

9


 

  Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!  

 

 

-

10


 

  Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.  

 

 

-

11


 

  HERE, leer my u weg en lei my op 'n gelyk pad, vanweë my vyande.  

 

 

-

12


 

  Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.  

 

 

-

13


 

  o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie....  

 

 

-

14


 

  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!  

 

 

-

PSALMS 28

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: