Afrikaans Bible

PSALMS 25

PSALMS

Return to Index

Chapter 26

1


 

  'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ‚k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.  

 

 

-

2


 

  Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;  

 

 

-

3


 

  want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.  

 

 

-

4


 

  Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.  

 

 

-

5


 

  Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.  

 

 

-

6


 

  Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,  

 

 

-

7


 

  om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.  

 

 

-

8


 

  HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.  

 

 

-

9


 

  Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,  

 

 

-

10


 

  in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.  

 

 

-

11


 

  Maar ‚k wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.  

 

 

-

12


 

  My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.  

 

 

-

PSALMS 27

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: