Afrikaans Bible

PSALMS 6

PSALMS

Return to Index

Chapter 7

1


 

  Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.  

 

 

-

2


 

  HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;  

 

 

-

3


 

  sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.  

 

 

-

4


 

  HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,  

 

 

-

5


 

  as ek hom kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was,  

 

 

-

6


 

  mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.  

 

 

-

7


 

  Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!  

 

 

-

8


 

  En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!  

 

 

-

9


 

  Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.  

 

 

-

10


 

  Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!  

 

 

-

11


 

  My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.  

 

 

-

12


 

  God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.  

 

 

-

13


 

  As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee  

 

 

-

14


 

  en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.  

 

 

-

15


 

  Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.  

 

 

-

16


 

  Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.  

 

 

-

17


 

  Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer. [ (Psalms 7:18) Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing. ]  

 

 

-

PSALMS 8

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: