Afrikaans Bible

JOB 36

JOB

Return to Index

Chapter 37

1


 

  Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.  

 

 

-

2


 

  Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.  

 

 

-

3


 

  Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.  

 

 

-

4


 

  Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.  

 

 

-

5


 

  God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.  

 

 

-

6


 

  Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.  

 

 

-

7


 

  Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.  

 

 

-

8


 

  Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.  

 

 

-

9


 

  Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.  

 

 

-

10


 

  Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.  

 

 

-

11


 

  Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;  

 

 

-

12


 

  en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:  

 

 

-

13


 

  of tot 'n tugroede, of tot nut van sy aarde, of tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.  

 

 

-

14


 

  Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.  

 

 

-

15


 

  Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?  

 

 

-

16


 

  Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?  

 

 

-

17


 

  U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind --  

 

 

-

18


 

  kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?  

 

 

-

19


 

  Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.  

 

 

-

20


 

  Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?  

 

 

-

21


 

  En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.  

 

 

-

22


 

  Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.  

 

 

-

23


 

  Die Almagtige -- ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.  

 

 

-

24


 

  Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.  

 

 

-

JOB 38

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: