Afrikaans Bible

JOB 28

JOB

Return to Index

Chapter 29

1


 

  En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:  

 

 

-

2


 

  Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;  

 

 

-

3


 

  toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;  

 

 

-

4


 

  soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;  

 

 

-

5


 

  toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;  

 

 

-

6


 

  toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.  

 

 

-

7


 

  Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,  

 

 

-

8


 

  het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.  

 

 

-

9


 

  Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.  

 

 

-

10


 

  Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.  

 

 

-

11


 

  Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.  

 

 

-

12


 

  Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.  

 

 

-

13


 

  Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.  

 

 

-

14


 

  Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.  

 

 

-

15


 

  Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.  

 

 

-

16


 

  'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.  

 

 

-

17


 

  En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.  

 

 

-

18


 

  So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.  

 

 

-

19


 

  My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.  

 

 

-

20


 

  My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.  

 

 

-

21


 

  Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.  

 

 

-

22


 

  N  my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.  

 

 

-

23


 

  En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.  

 

 

-

24


 

  Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.  

 

 

-

25


 

  Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.  

 

 

-

JOB 30

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: