Afrikaans Bible

JOB 26

JOB

Return to Index

Chapter 27

1


 

  En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:  

 

 

-

2


 

  So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het --  

 

 

-

3


 

  want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus --  

 

 

-

4


 

  my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!  

 

 

-

5


 

  Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.  

 

 

-

6


 

  Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.  

 

 

-

7


 

  My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.  

 

 

-

8


 

  Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny -- as God sy siel wegneem?  

 

 

-

9


 

  Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?  

 

 

-

10


 

  Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?  

 

 

-

11


 

  Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.  

 

 

-

12


 

  Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?  

 

 

-

13


 

  D¡t is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:  

 

 

-

14


 

  as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.  

 

 

-

15


 

  Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.  

 

 

-

16


 

  As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder --  

 

 

-

17


 

  hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.  

 

 

-

18


 

  Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.  

 

 

-

19


 

  Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en -- is nie meer nie.  

 

 

-

20


 

  Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.  

 

 

-

21


 

  Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.  

 

 

-

22


 

  En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.  

 

 

-

23


 

  Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.  

 

 

-

JOB 28

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: