Afrikaans Bible

JOB 23

JOB

Return to Index

Chapter 24

1


 

  Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?  

 

 

-

2


 

  Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.  

 

 

-

3


 

  Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.  

 

 

-

4


 

  Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.  

 

 

-

5


 

  Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.  

 

 

-

6


 

  Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.  

 

 

-

7


 

  Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.  

 

 

-

8


 

  Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.  

 

 

-

9


 

  Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.  

 

 

-

10


 

  Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.  

 

 

-

11


 

  Tussen die mure van die mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.  

 

 

-

12


 

  Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.  

 

 

-

13


 

  Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.  

 

 

-

14


 

  Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.  

 

 

-

15


 

  En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.  

 

 

-

16


 

  In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.  

 

 

-

17


 

  Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.  

 

 

-

18


 

  Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.  

 

 

-

19


 

  Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg -- so die doderyk die wat gesondig het.  

 

 

-

20


 

  Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout --  

 

 

-

21


 

  hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.  

 

 

-

22


 

  Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.  

 

 

-

23


 

  God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.  

 

 

-

24


 

  Hulle het hul verhef -- 'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny.  

 

 

-

25


 

  En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?  

 

 

-

JOB 25

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: